MiG-17

MiG-17
Tipe Straalvegter
Vervaardiger Mikojan
Ontwerp deur Artem Mikojan
Nooiensvlug 14 Januarie 1950
Bekendstelling Oktober 1952
Status Beperkte gebruik
Hoofgebruiker Russiese Lugmag
Aantal gebou 10 649
Weergawes MiG-19

Die MiG-17 is 'n Russiese vegvliegtuig wat uit die MiG-15 ontwikkel is. Die ontwerp van die vliegtuig het reeds in 1949 begin as 'n verbeterde weergawe van die MiG-15. Die vliegtuig het reeds gevlieg lank voor die die Korea-oorlog uitgebreek het. Die ontwerp was veral gefokus op die swak punte van die MiG-15, veral sy swak hantering teen hoë snelhede. Die MiG-17 was 'n nuwe ontwerp met langer vlerke wat teen 'n groter hoek geswiep het. Die stertvin was ook groter.

Die prototipe het reeds in Januarie 1950 sy nooiensvlug voltooi en produksie het in Augustus 1951 begin. Navo se kodenaam vir die vliegtuig was Fresco-A. Aflewering het in 1952 begin, maar dit was te laat vir deelname aan die Korea-oorlog. Die eerste MiG-17's was egter nie veel beter as die MiG-15 nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search